MEER OOR CHAMPION HARDWARE
Champion Hardware is ‘n gemeenskaps-hardewarewinkel in Zastron in die Vrystaat. Ons spesialiseer in boumateriaal en algemene hardeware vir huiseienaars en kontrakteurs.
Ons is ‘n trotse lid van die Essential Hardware-groep, wat uit meer as 300 onafhanklike lede bestaan. Danksy ons betrokkenheid by hierdie suksesvolle nasionale handelsmerk is ons in staat om jou baie beter aanbiedinge te bring.
As ‘n integrale deel van die Zastron-gemeenskap, ken ons ieder en elk se behoeftes, en streef ons altyd om net die beste produkte vir ons kliënte te lewer. Ons vriendelike, kundige personeel is ook altyd byderhand om te help.


